Tuesday, February 5, 2013

Naweek 2

Hierdie keer moes Herman aan 'n visvang kompetisie gaan deel neem naby Hermanus....in 'n dam waar nudiste woon!

Ek het dus besluit om saam te gaan maar die dag by die naweek plekkie deur te bring...wie wil nou 'n kaal voël sien???

Ons het besluit om by Stanford te gaan bly, hierdie keer het Budget Getaways ons bietjie in die steek gelaat, want Stanford Hills was vrek duur en so gat-agtig dat ons Saterdag middag na die visvang op gepak het en terug gery het.  Dit nadat ons besluit het om gebruik te maak van die eienaar se vriendelike uitnodiging om vir drie aande te bly, maar net vir twee te betaal....dit was voordat ons hierdie scrapyard gesien het....

Letterlik 'n scrapyard.  Die plek het gelyk soos 'n ou stal wat restaureer is, daarmee het ek geen probleem as sulks gehad nie.  Maar die beknopte klein toiletjie in die slaapkamer het my en Herman laat thing-thong-thang....wie kan eerste gaan sit en wie moet in die sitkamer gaan wag.  En Herman wen altyd!  Nie my sterk punt nie...die drink water is bruin, maar volgens die eienaars gesond....ek's nie 100% oortuig van laasgenoemde nie...maar dan weer in die somer het ek altyd diarree.

Die jakoesie buite, wel ek sal dit herdoop na 'n ou vuil borrelbad wat nie in werking is nie....was so gruwelik dat ons geen behoefte gehad het om daar in te spring nie...nie eens 'n ou kersie of blommetjie of gedroogde rosies nie....  Buite het ou yskas deure gelê, blou stukke plastiek, ou kratte, wiele, gemors orals, met sulke verlepte drade....ag nee, ek het besluit dit kan net 'n goeie opruiming van stapel stuur om die plek weer leefbaar te maak.  Die voël lewe was egter baie goed.  Daar is hordes kleintjies en grotes en vales en gryses....so baie dat ek nie een kon identifiseer nie, en Herman het gaan visvang so ek kon nie sy goeie kennis gebruik om my te help nie.  Ek het 'n foto, wat ek vir jul sal laai, as ek net kan uitwerk hoe.  Dan kan jul my help.

Die swemplek was so ver ons moes ry soontoe, 'n lekker ou grond dam....dit het geen plek waar jy gemaklik kan ingaan nie, geen stoel of afdakkie nie...maar die water was soo lekker warm en 'n pragtige tanien kleur.  Ek moet erken die swem was vrek lekker...Herman het probeer vis vang, 3 klein bassies gekry, dalk in die toekoms as hulle opruim kan ons weer probeer.

Maar die beste deel was:  Herman het vierde in die kompetisie gekom!  Goeie werk!

Opsomming:
Stanford Hills:
Koste:  R 650 / nag....geweldig duur, nie meer as R200/nag werd nie.  Ons het die eienaars laat weet dat ons baie ongelukkig was met die belaglike prys....hulle sien ons en hopelik julle nooit weer nie.
Vis:  Herman kom vierde in die kompetisie.....Goeie Werk!
Voëls:  Baie, nie een herken in my app nie
Kos:  Lays chips en mint slabs

No comments:

Post a Comment