Monday, February 4, 2013

My Plan

Goed, hier gaan ons. Ek het besluit om vanjaar my en Herman se avontuurlike uitstappies neer te pen. Te same daarmee deel ek met jul goeie plekkies om by uit te hang as jy van visvang hou of natuurlik voëls bestudering of kyk of "twitch".

Herman, my man is n visterman soos min. Hy is obsessief oor hoeke, lyne, aas en BASS!  ( Afrikaans:  Baars)  maar eintlik is enige vis welkom aan sy hoek behalwe Barbers en Pylsterte!  Hy haat laasgenoemde twee met n passie.  ( ons het wel met ons " heuning" toer na Puhket Baars op n stokkie geëet.

Nou ekke is nie n goeie vis vrou nie, alhoewel ek rerig dink Herman se beste vangs ooit was ek en visa versa.  So sit ek dan soms langs die vis waters en tuur in die verte in.....speel op my ipad, lees ( minimaal), eet( gruwelik baie) en slaap en doen eintlik niks kreatiefs....soms gaan ek ook op een van Herman se bootjies, maar in die amper drie jaar wat ons saam is, het ek nog GEEN vis gevang. My grootste vangs nog was in Gourits..... Ek het n ou sinker van iemand anders in gekatrol!

In Januarie vanjaar (2013) het ek en Herman weer op n vis naweek vertrek. Vrydagmiddag, terwyl ek als gryp wat my moontlik kan besig hou, kom ek af op n ou verkyker van my, so n promosie van Cape Union Mart wat ek pasella gekry het terwyl ek iets anders gekoop het.  En daar byt die voëlkyk gogga my! Mense, en nou het ek n nuwe stokperdjie wat perfek in pas by Herman.  Nou wil ek glad nie naweke tuis bly!  Als wat ek beplan is rondom een of ander voël....(ha, ha!)

Dis my blog in n neutedop. Hou my dop, want die reise het Skop!

3 comments: