Naweek 1
Besoek Bonnievale! Waar het ons gebly?
N baie oulike website is budget getaways. Ongelukkig net plekke in die Wes Kaap, maar minstens kan ek en visman voordeel daaruit trek.
Asher River Cottages in Bonnievale het my aandag getrek, of sal ons eerder sê was die enigste plek beskikbaar nadat ons op baie baie kort kennisgewing besluit het om ons vrek warm huis te verruil vir iets anders....Ja Shortland Village nr 7 het sommige middae in Januarie by 31 grade binneshuis getrek....Ons konnie meer nie, ons moes weg!
Wat 'n ongelooflike plek. Teen die Breë Rivier. En ek kon my eerste voëls bestudeer, en voel hoe ontspannend voëlkyk kan wees. Daar kan ek heerlik op die gras of die voostoep sit en ure lank na die voëls kyk.. Wat was my eerste een? Vrek moeilik! Moes my hoogs geskole visterman se hulp inroep met die identifikasie...want ek is was oorweldig met die voëls!!! Slanghalsvoël. Dis die meneertjie se naam gewees. Hy het verskeie kere gedurende die naweek op n stomp in die water gaan sit, so ek kon hom lekker lank dophou. My verkyker was nie juis baie goed nie. My kamera lens was hopeloos te swak, so ek kon hom ook nie vir bewys afneem nie. Inderwaarheid was die kyk so ver, dat ek en Herman nie kon besluit of daar 'n nes of 'n natuurlike gat in die boomstomp was nie. Sodra mense met 'n kano verby gery het, het hy opgevlieg en eers weer 'n uur later terug gekeer.
Daar was hordes kleiner voëls, maar hulle het so vinnig beweeg, ek kon net nie genoeg detail uitmaak om hulle te identifiseer nie. Daar was een arend op 'n telefoon paal, maar my verkyker was te eenvoudig en hy het vir my weg gevlieg voor ek nader kon kom. Pragtig gesweef, en wat op die paal soos 'n twee liter bottel groote voël gelyk het, het ontaard in 'n swewende ver oor n meter wye vlerkspan! Sjoe, dit is voorwaar 'n belewenis gewees.
Wat dan van die visse? Die Breë Rivier is maar skaars aan Baars hoewel verskeie manne onlangs beweer het, die Baars is besig om toe te neem en die Babers te oorweldig! Ek weet Herman kan 'n vis vang in omstandighede wat vir menige visarend onmoontlik sal wees, maar heelaas hierdie keer was hy onsuksesvol. Net een byt gehad. Ter verdediging van hom: Die water is pap vrot! Die rivier vlak is baie laag, en 'n mens kon die heeltyd hoor hoe die Babers teen die riete kap... So dalk het daardie groot menere van 'n ander plek in die Breë Rivier gepraat. Maar ons gaan definitief weer terug daarheen
Opsomming:
Asher River Cottage:
Koste: R400 per nag. Genoeg slaap plek vir vier groot mense en nog vier kinders en nog 'n baba kotjie ook. Twee badkamers en 'n kaggel, DSTV konneksie en redelik groot yskas, plus 'n lekker groot braaiplek buite onder dak. Dak waaier in altwee kamers. Die vier kinders sal moet bo in 'n loft slaap, wat met 'n baie skuins leertjie opgaan. So moet asseblief nie slaap wandellaars saam neem nie
Vis: een byt
Voëls: Slanghalsvoël afgemerk, maar hordes ander onidentifiseerbare voëls gesien
Beste ete: Van Loveren se Christina restaurant het 'n four Cousins coctail....ongelooflik!
No comments:
Post a Comment