Naweek 2
Hierdie keer moes Herman aan 'n visvang kompetisie gaan deel neem naby Hermanus....in 'n dam waar nudiste woon!
Ek het dus besluit om saam te gaan maar die dag by die naweek plekkie deur te bring...wie wil nou 'n kaal voël sien???
Ons het besluit om by Stanford te gaan bly, hierdie keer het Budget Getaways ons bietjie in die steek gelaat, want Stanford Hills was vrek duur en so gat-agtig dat ons Saterdag middag na die visvang op gepak het en terug gery het. Dit nadat ons besluit het om gebruik te maak van die eienaar se vriendelike uitnodiging om vir drie aande te bly, maar net vir twee te betaal....dit was voordat ons hierdie scrapyard gesien het....
Letterlik 'n scrapyard. Die plek het gelyk soos 'n ou stal wat restaureer is, daarmee het ek geen probleem as sulks gehad nie. Maar die beknopte klein toiletjie in die slaapkamer het my en Herman laat thing-thong-thang....wie kan eerste gaan sit en wie moet in die sitkamer gaan wag. En Herman wen altyd! Nie my sterk punt nie...die drink water is bruin, maar volgens die eienaars gesond....ek's nie 100% oortuig van laasgenoemde nie...maar dan weer in die somer het ek altyd diarree.
Die jakoesie buite, wel ek sal dit herdoop na 'n ou vuil borrelbad wat nie in werking is nie....was so gruwelik dat ons geen behoefte gehad het om daar in te spring nie...nie eens 'n ou kersie of blommetjie of gedroogde rosies nie.... Buite het ou yskas deure gelê, blou stukke plastiek, ou kratte, wiele, gemors orals, met sulke verlepte drade....ag nee, ek het besluit dit kan net 'n goeie opruiming van stapel stuur om die plek weer leefbaar te maak. Die voël lewe was egter baie goed. Daar is hordes kleintjies en grotes en vales en gryses....so baie dat ek nie een kon identifiseer nie, en Herman het gaan visvang so ek kon nie sy goeie kennis gebruik om my te help nie. Ek het 'n foto, wat ek vir jul sal laai, as ek net kan uitwerk hoe. Dan kan jul my help.
Die swemplek was so ver ons moes ry soontoe, 'n lekker ou grond dam....dit het geen plek waar jy gemaklik kan ingaan nie, geen stoel of afdakkie nie...maar die water was soo lekker warm en 'n pragtige tanien kleur. Ek moet erken die swem was vrek lekker...Herman het probeer vis vang, 3 klein bassies gekry, dalk in die toekoms as hulle opruim kan ons weer probeer.
Maar die beste deel was: Herman het vierde in die kompetisie gekom! Goeie werk!
Opsomming:
Stanford Hills:
Koste: R 650 / nag....geweldig duur, nie meer as R200/nag werd nie. Ons het die eienaars laat weet dat ons baie ongelukkig was met die belaglike prys....hulle sien ons en hopelik julle nooit weer nie.
Vis: Herman kom vierde in die kompetisie.....Goeie Werk!
Voëls: Baie, nie een herken in my app nie
Kos: Lays chips en mint slabs
'n Obsessiewe visterman en sy amateur vogelkyker op safari
Tuesday, February 5, 2013
Naweek 1
Besoek Bonnievale! Waar het ons gebly?
N baie oulike website is budget getaways. Ongelukkig net plekke in die Wes Kaap, maar minstens kan ek en visman voordeel daaruit trek.
Asher River Cottages in Bonnievale het my aandag getrek, of sal ons eerder sê was die enigste plek beskikbaar nadat ons op baie baie kort kennisgewing besluit het om ons vrek warm huis te verruil vir iets anders....Ja Shortland Village nr 7 het sommige middae in Januarie by 31 grade binneshuis getrek....Ons konnie meer nie, ons moes weg!
Wat 'n ongelooflike plek. Teen die Breë Rivier. En ek kon my eerste voëls bestudeer, en voel hoe ontspannend voëlkyk kan wees. Daar kan ek heerlik op die gras of die voostoep sit en ure lank na die voëls kyk.. Wat was my eerste een? Vrek moeilik! Moes my hoogs geskole visterman se hulp inroep met die identifikasie...want ek is was oorweldig met die voëls!!! Slanghalsvoël. Dis die meneertjie se naam gewees. Hy het verskeie kere gedurende die naweek op n stomp in die water gaan sit, so ek kon hom lekker lank dophou. My verkyker was nie juis baie goed nie. My kamera lens was hopeloos te swak, so ek kon hom ook nie vir bewys afneem nie. Inderwaarheid was die kyk so ver, dat ek en Herman nie kon besluit of daar 'n nes of 'n natuurlike gat in die boomstomp was nie. Sodra mense met 'n kano verby gery het, het hy opgevlieg en eers weer 'n uur later terug gekeer.
Daar was hordes kleiner voëls, maar hulle het so vinnig beweeg, ek kon net nie genoeg detail uitmaak om hulle te identifiseer nie. Daar was een arend op 'n telefoon paal, maar my verkyker was te eenvoudig en hy het vir my weg gevlieg voor ek nader kon kom. Pragtig gesweef, en wat op die paal soos 'n twee liter bottel groote voël gelyk het, het ontaard in 'n swewende ver oor n meter wye vlerkspan! Sjoe, dit is voorwaar 'n belewenis gewees.
Wat dan van die visse? Die Breë Rivier is maar skaars aan Baars hoewel verskeie manne onlangs beweer het, die Baars is besig om toe te neem en die Babers te oorweldig! Ek weet Herman kan 'n vis vang in omstandighede wat vir menige visarend onmoontlik sal wees, maar heelaas hierdie keer was hy onsuksesvol. Net een byt gehad. Ter verdediging van hom: Die water is pap vrot! Die rivier vlak is baie laag, en 'n mens kon die heeltyd hoor hoe die Babers teen die riete kap... So dalk het daardie groot menere van 'n ander plek in die Breë Rivier gepraat. Maar ons gaan definitief weer terug daarheen
Opsomming:
Asher River Cottage:
Koste: R400 per nag. Genoeg slaap plek vir vier groot mense en nog vier kinders en nog 'n baba kotjie ook. Twee badkamers en 'n kaggel, DSTV konneksie en redelik groot yskas, plus 'n lekker groot braaiplek buite onder dak. Dak waaier in altwee kamers. Die vier kinders sal moet bo in 'n loft slaap, wat met 'n baie skuins leertjie opgaan. So moet asseblief nie slaap wandellaars saam neem nie
Vis: een byt
Voëls: Slanghalsvoël afgemerk, maar hordes ander onidentifiseerbare voëls gesien
Beste ete: Van Loveren se Christina restaurant het 'n four Cousins coctail....ongelooflik!

Monday, February 4, 2013
My Plan
Goed, hier gaan ons. Ek het besluit om vanjaar my en Herman se avontuurlike uitstappies neer te pen. Te same daarmee deel ek met jul goeie plekkies om by uit te hang as jy van visvang hou of natuurlik voëls bestudering of kyk of "twitch".
Herman, my man is n visterman soos min. Hy is obsessief oor hoeke, lyne, aas en BASS! ( Afrikaans: Baars) maar eintlik is enige vis welkom aan sy hoek behalwe Barbers en Pylsterte! Hy haat laasgenoemde twee met n passie. ( ons het wel met ons " heuning" toer na Puhket Baars op n stokkie geëet.
Nou ekke is nie n goeie vis vrou nie, alhoewel ek rerig dink Herman se beste vangs ooit was ek en visa versa. So sit ek dan soms langs die vis waters en tuur in die verte in.....speel op my ipad, lees ( minimaal), eet( gruwelik baie) en slaap en doen eintlik niks kreatiefs....soms gaan ek ook op een van Herman se bootjies, maar in die amper drie jaar wat ons saam is, het ek nog GEEN vis gevang. My grootste vangs nog was in Gourits..... Ek het n ou sinker van iemand anders in gekatrol!
In Januarie vanjaar (2013) het ek en Herman weer op n vis naweek vertrek. Vrydagmiddag, terwyl ek als gryp wat my moontlik kan besig hou, kom ek af op n ou verkyker van my, so n promosie van Cape Union Mart wat ek pasella gekry het terwyl ek iets anders gekoop het. En daar byt die voëlkyk gogga my! Mense, en nou het ek n nuwe stokperdjie wat perfek in pas by Herman. Nou wil ek glad nie naweke tuis bly! Als wat ek beplan is rondom een of ander voël....(ha, ha!)
Dis my blog in n neutedop. Hou my dop, want die reise het Skop!

Subscribe to:
Comments (Atom)